'n Duisend Woorde
Elke prentjie is 'n duisend woorde werd.
Friday, October 12, 2012
stukkend
as die stemme vir 'n oomblik stil raak
en die onsekerheid my lyf verlaat
sal my oë vir eens my hart verraai
mag jy dalk verstaan;
ek is te stukkend om om te draai
Friday, October 5, 2012
volkleur
jy is my wanhoop
die donker wat my hart verteer
maar as ek van jou droom
dan droom ek in volkleur
jy is my pyn
die geraas wat my rus versteur
maar as ek van jou droom
dan droom ek in volkleur
jy is my waansin
die passie wat my lyf beheer
maar as ek van jou droom
dan droom ek in volkleur
Newer Posts
Older Posts
Home
Subscribe to:
Posts (Atom)