die onskuld het my lankal reeds verloor
êrens tussen rooiwyn, waansin en die nag
dit lê langs die skerwe van my drome
toegevou in die weerloosheid van my lag
maar as die son jou skaduwee so oor my gooi
en jou lyf my van alle redelikheid beroof
begin ek weer aan die onskuldige liefde glo
wat my hart steeds roekeloos aan my lyf beloof
No comments:
Post a Comment